Gemeenskap

Gemeenskap is ‘n uitvloeisel van Kombiekiehier, die eerste en enigste en beste en grootste 😉 Afrikaanse sekswebruimte in die hele wêreld. Kombiekiehier se lesers het gevra vir ‘n ruimte waar hulle “openlik” en ook privaat met mekaar kan gesels. Dis asof hierdie begeerte iets was wat in elk geval nie onderdruk kon word nie, want die kommentaar-afdelings van Kombiekiehier het soms soos ‘n geselsgroep begin lyk sonder dat dit so beplan was.

Hierdie webwerf kan nog baie ontwikkel. Daar is opsies wat ek nie nou dadelik aktiveer nie. Ek dink dit moet groei soos Kombiekiehier gegroei het. Almal proe en ruik en lek en voel en neem deel en kom so bietjie en dan maak ons hom saam al beter soos ons aangaan.

Vir nou is dit ‘n plek waar jy kan vry vry. Hier kan jy flikkers gooi en charf en raad vra en raad gee en ondersteuning kry en vriende maak.

Lede van ‘n gemeenskap wat uit ‘n erotiese webwerf ontstaan het behoort te verstaan dan almal wat hier inskryf soortvan op dieselfde manier dink. Ek kan nie dink dat iemand wat issues oor seks of kaal liggame het hier sal wil wees behalwe om probleme te maak nie. Hierdie is nie facebook nie – hier word die mense wat te liggeraak is, wat geaffronteerd voel deur ‘n kompliment of selfs ‘n voorstel, wat enigsins oordeel, wat politiek of geloof hier wil insleep of wat wil spioeneer eerder afgegooi. Jy WEET MOS dat mense hierheen gekom het omdat hulle oor seks gelees het. Alhoewel ek hoop en glo dat mense hier ook net vriende sal kan word wat selfs oor ander dinge wil gesels en mekaar oor ander dinge wil ondersteun, verwag ek ook dat mense hier (classy) seksuele kommentaar sal lewer en dit moet aanvaarbaar wees.

Laastens, maar die belangrikste, is dat ‘n vryer gemeenskap nie beteken dat ‘n mens nie iemand respekteer nie. Wanneer seks betrokke is is dit JUIS belangriker om versigtig te wees. As iemand nee sê vir ‘n voorstel of selfs vir flirt of gesels dan dink ek Kombiekiehierlesers sal die met grasie aanvaar en nie daaroor “bitch” of aanhou skerm of skimp nie. Woorde soos hoer of slet is net in seker seksuele kontekse aanvaarbaar en daardie kontekse sal waarskynlik net in private gesprekke tussen julle plaasvind.

Ek is eintlik seker ek hoef nie hierdie vir die meeste van julle te sê nie. Op Kombiekiehier het ek nog net positiewe interaksie gesien. Die paar vroue daar word op die hande gedra. Ek moet egter hierdie sê vir mense wat dalk nie van daar af hier uitgekom het nie. 🙂

In die voorwaardes gaan ek so paar tips vir julle gee oor privaatheid. Lees darem een keer sodat jy weet wat jy dalk nie geweet het nie. 🙂

Hierdie verwelkomingsblad sowel as die voorwaardes sal geskaaf word soos die webwerf groei. Hierdie is die eerste kossies om net die baba aan die gang te kry.

Om onaangename mense te help uithou sal Gemeenskap R100 per maand kos. Ek moes geld leen om genoeg van die funksies wat julle wou hê te koop (gaan dit jaarliks moet hernu). Gemeenskap is soos ‘n dating site, sosiale netwerk, gesprekforum en fetlife gemeng, maar hopelik met baie minder reëls en issues.

ALLES wat ek nou hier skryf kan verander. 🙂 Ek kan die inskrywingsfooie ook minder maak. Ons kyk net eers wat werk en wat nie.

Laat my asseblief weet wat jy anders sou wou hê.

BAIE BELANGRIK: Lees asseblief HIERDIE voorsorgmaatreëls voor jy jou produk koop en jou profiel begin opstel.

Liefde en lus.

Annelise

 

NS. Omdat Kombiekiehier Vreesloos en Kombiekiehier foto’s van boobs (en meer) op het sukkel ek om ‘n betaalsisteem daarop te sit wat nie Paypal is nie. Die ander laat my nie toe nie, want seks en issues en die samelwing en ou tannies. As jy hier met die makliker betalingsmetodes wil inskryf vir Vreesloos ook dan sal ek so gou as moontlik na jy ingeskryf het die webwerf vir jou gaan oopmaak met dieselfde bynaam en adres as wat jy hier gebruik het.

Kliek hieronder om die produk van jou keuse te koop. MAAK SEKER JY KIES DIE REGTE OPSIE. KOMBIEKIEVREESLOOS IS NIE VIR ALMAL NIE. AS JY GEMAKLIK EN TEVREDE IS MET KOMBIEKIEHIER, KOOP NET DIE GEMEENSKAP OPSIE.

KLIEK OP DIE PROFIEL “TAB” IN DIE MENU WANNEER JY KLAAR BETAAL HET OM IN TE TEKEN.

Showing all 2 results