Oor ons

Goddess Unlimited Communications/Godin Onbeperk het as ‘n uitgewery van Afrikaanse erotiese boeke begin, maar het intussen al in verskeie “imprints” verdeel. Koopbiekiehier is Kombiekiehier se winkeltjie, maar dis ook baie meer as dit. Hier sal jy erotiese produkte vind wat jy op geen ander plek sal vind nie. Verskeie eerstes en enigstes in Afrikaans word hier te koop aangebied en daar wag nog ‘n paar opwindende verrassing in die volgende jaar. Hier is ook ‘n unieke, Suid-Afrikaans ontwerpte speelding, skilderye deur van ons voorste kunstenaars en musiek.

Iets om elke sintuig te prikkel. Draal gerus deur ons winkel. Voel, luister, ruik, streel. Voed die sensuele jy.